| |
'n Voornemende adverteerder moet op die tuisblad registreer voordat hy/sy 'n advertensie op Trekkerwerf.co.za kan aanbied.
Ná registrasie kan 'n adverteerder, met 'n besoek aan die webwerf, slegs aanteken om na sy/haar portefeulje te kyk en veranderinge te maak, soos om advertensies te onttrek of om nuwe advertensies aan te bied.
Sodra iemand wat reeds geregistreer is, op die webwerf aanteken, sal sy/haar bestaande portefeulje vertoon word. Nuwe advertensies kan op hierdie manier maklik gelaai word.
Adverteerders hoef nie 'n foto van 'n produk te verskaf nie.
Die nuwe advertensie sal aan die adverteerder vertoon word ('n voorskou) voordat hy/sy versoek word om elektronies, met 'n kredietkaart, daarvoor te betaal.
'n Advertensie kos R70,00 (BTW ingesluit).
Geen advertensie sal vertoon word voordat die betaling daarvoor nie gedoen is nie.
Die betaling van 'n advertensie kan op twee maniere geskied: Per kredietkaart of per EFT (gewone bank-inbetaling). Die kredietkaart-betaling geskied deur die MyGate-transaksieplatform. Besoek www.mygate.co.za vir meer besonderhede en om gemoedsrus te kry dat transaksies op 'n veilige platform gehanteer word.
Sodra die elektroniese betaling goedgekeur is, sal die betrokke advertensie op Trekkerwerf.co.za 'n maand lank vertoon word.
'n Unieke verwysingsnommer word aan elke goedgekeurde transaksie toegeken.
Adverteerders wat nie kredietkaarte wil gebruik maak nie, kan advertensies per EFT (Electronic Fund Transfer) by 'n bank doen. Betaal die bedrag van die advertensie by die bank in (rekeningbesonderhede hieronder). Faks die bewys van jou inbetaling na Trekkerwerf (met die verwysingsnommer van jou advertensie). Trekkerwerf sal jou advertensies daarna aktiveer.
Bank: Nedbank Tak: St. Georges Mall Takkode: 100909 Rekening: Media24 Tydskrifte Rekeningnommer: 1009 535 234
Hoe verloop die proses 'n EFT-betaling?Doen u betaling van bv. R70,00 by 'n bank, en maak seker om die verwysingsnommer wat u van Trekkerwerf ontvang, te gebruik sodat Trekkerwerf die korrekte advertensie/s kan aktiveer.
Faks die bewys van jou inbetaling na 021 406 2940 sodat Trekkerwerf jou advertensie kan aktiveer. Navrae: Corli van der Merwe 021 406 2516 of cornelia.vdmerwe@landbou.com |
|